Kei Sands Unit 19 is ‘n lieflike selfsorgwoonstel in Kei Mouth op die oewer van die Keiriviermond in die Oos-Kaap geleë. Die oord is direk oorkant die seefront, wat dit die ideale opsie vir ‘n onvergeetlike gesinsvakansie met ‘n see-uitsig maak.
Dié woonstel bied slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 2 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het ‘n dubbelbed en ‘n en suite-badkamer met ‘n stort. Die tweede slaapkamer het ‘n dubbelbed en ‘n stapelbed. Die tweede badkamer het ‘n stort-oor-bad.
Die kombuis is met ‘n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, ketel, broodrooster, eetgerei en breekware toegerus. Die kombuis lei na ‘n sitarea met gemaklike rusbanke en ‘n TV met die volle DStv-pakket. Die skuifdeure lei na ‘n balkon met sitplek, wat dit die ideale plek maak om maaltye te geniet, terwyl gaste die see-uitsig bewonder.
Kontak besonderhede
Jandre du Plessis
082 491 1719