Unit 26 <- Link

Kei Sands Unit 26 is ‘n lieflike selfsorgwoonstel wat in Keimond, op die oewer van die Keiriviermond in die Oos-Kaap, geleë is. Hierdie verblyf is perfek geleë en is direk oorkant die seefront. Dit is dus die ideale keuse vir ‘n onvergeetlike gesinsvakansie en bied ‘n asemrowende uitsig oor die see.

Dié woonstel bied gerieflike slaapplek aan 5 gaste en beskik oor 2 en suite-slaapkamers. Die eerste slaapkamer het ‘n dubbelbed en die tweede slaapkamer het ‘n dubbelbed en ‘n enkelbed. Die badkamers het óf ‘n bad en ‘n stort óf net ‘n stort.

Die kombuis is met ‘n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, ketel, broodrooster, eetgerei en breekware toegerus. Daar is ook ‘n toonbank met stoele. Die kombuis lei na ‘n sitarea met gemaklike rusbanke en ‘n TV met die volle DStv-pakket. Die skuifdeure lei na ‘n balkon met ‘n ingeboude braai en buitesitplek. Dit is die ideale plek om die see-uitsig te bewonder. Gaste het volle toegang tot die kompleks se gemeenskaplike swembad, dek, braai-area, tafeltennis en pooltafel. Veilige onderdakparkeerplek is in die kompleks beskikbaar.

Kontak besonderhede

Jandre du Plessis 

082 491 1719

Jandredplessis@gmail.com

Bedroom 1 (1)
Bedroom 1 (2)
Bedroom 1 (3)
Bedroom 1 (4)
Bedroom 1 (5)
En suite bathroom 1
Bedroom 2 (1)
Bedroom 2 (2)
Bedroom 2 (3)
En suite bathroom 2 (1)
En suite bathroom 2 (2)
Lounge (1)
Lounge (2)
Kitchen (1)
Kitchen (2)
Lounge (3)
Balcony
Balcony Braai
Balcony View over pool